Western Cape Chapter: Please visit our Facebook page for up-to-date news and pictures

Please visit our Facebook page for news and pictures:

https://www.facebook.com/Wing-Riders-Western-Cape-133814210313994/

Weskaap Streek – Struisbaai besoek, 19-21 Februarie 2016 (Amorita Engelbrecht)

Struisbaai_1602_003Ons kry Deon en Lizbe by die vulstasie onder Sir Lowry’s Pas, dis lekker koel en windstil toe ons vertrek.   Op pad sien ons hoe leeg die Steenbras dam is, die Weskaap het regtig ‘n lekker bui reën nodig.  Ons ry goed, kry ‘n hele trop bobbejane langs die pad, iets moes afgeval het, almal is besig om eetgoed op te tel.   By Caledon kry ons bietjie wind, maar dit bly nog lekker koel.

We stopped in Napier for brunch, where the owner had a lot of trouble getting our orders right, he also struggled with the till and almost gave André more change than our bill amounted to!  While we were there the road in front of the restaurantStruisbaai_1602_002 got chopped up, it was getting a facelift, and we had to move our vechiles.  The rest of the trip was uneventful, in Struisbaai we unpacked and Lizbe did some dusting while the rest started on their first drinks.  Riana popped in to say hello, she still had to take her mom to Agulhas to visit some friends.  Hein managed to sidestep a meeting and arrived just after five.  André had phoned the Nijse earlier to tell them we had an extra room, they were coming as soon as they were packed.

Die manne gaan ‘n vissie koop vir die aand se braai en ons gesels lekker oor familie stories en hoe Hein en Riana se liefdesverhaal begin het.  Dit begin erg reën en die manne stoot die braai onder die garagedeur in.  Toe die Nijse teen negeuur aankom, sopnat gereën, is die vis gaar en ons sit aan vir aandete.  Ons gesels tot laatnag en gaan slaap heerlik in die koel weer en stil omgewing.  Saterdag oggend deel Lizbe joghurt uit aan dié wat ‘n honger kol het en die dag se aktiwiteite word bespreek.  Pierre en Godelieve moet Bredasdorp toe, in hulle haastige inpakkery het hulle sy insulien Struisbaai_1602_001vergeet, maar met ‘n bietjie moeite kom hulle tog reg.  Hein en Riana gaan rondry, hulle herleef hul vroeë opsit dae, met ‘n gestrande boot wat blykbaar mooi herinneringe inhou!  Ons en Deon-hulle ry sommer rond en kyk huise, middagete is weer vis en ons koop proviand  vir die aand se braai.

Hein and Riana were just in time to join the mass ride and decided to enter as well.  Everybody had an afternoon rest, then started preparing for the braai.  It was a perfect evening, we sat outside and tried to figure who was going to do the braai.  Riana almost got the job, but in the end Hein volunteered, and did very well, there were no complaints.  Because André tends to be a bit serious at times, Riana decided his new nickname would be ” pastor ” !  As usual there were lots of stories and jokes to be told and we went to bed quite late.

Sondag oggend is dit inpak en regpak, elkeen vee sy kamer, Lizbe is soos ‘n warrelwind deur ons leefarea, Deon doen sy ding met die mop en selfs André neem sy beurt met die stofsuier!  Die laaste braaivleis word geëet, Lizbe gee aan almal twee pakke heerlike soet druiwe en ons vertrek saam.  Riana moet weer haar Ma gaan haal, ons sal hulle by Houwhoek padstal kry.  Dis weereens ‘n heerlike koel dag en ons ry voorspoedig.  By Botrivier is dit sleg om te sien hoe ‘n groot area in die berge afgebrand het.  Ons eet lekker by die besige padstal en groet dan na ‘n heerlike naweek.  Dankie aan Deon en Lizbe wat die blyplek gereël het.  Ons dra hierdie naweek op aan ons liewe vriende, Nelson en Elsa, ons het soveel mooi herinneringe aan hulle.

 

Weskaap Streek – Hartenbos besoek 18 – 20 Maart 2016 (Amorita Engelbrecht)

Vrydag 18 Maart

Ons gebruik net die Buff naweek om te kuier, dus doen ek net verslag oor wat in Hartenbos gebeur het.  Dis ‘n heerlike koel dag toe ons vertrek, Lizbe laat weet hulle gaan laat wees, toe Richard en sy seun, Wallace ook opdaag, besluit ons om Deon-hulle later op pad te kry.  Martina moes nog werk, sy en skoondogter Liz en die kinders sal later by ons aansluit.  Steenbras dam is nog leër as ‘n maand gelede, maar die veld is darem groen tot in Hartenbos.  Ons stop vir koffie in Riviersonderend waar Deon en Lizbe gou by ons aansluit, Deon moes omtrent voet in die hoek gesit het!  Die pad na Heidelberg is besig, dis net “bikes” en woonwaens wat gesleep word, dis mos lang naweek én skoolvakansie.  Ons eet hier, dit is heelwat warmer, maar net tot Mosselbaai, waar die luggie koeler word.  By Hartenbos kry ons ons sleutels, maar weens die ATKV oord se verbrekings, verdwaal ons ‘n klein bietjie, ons kom darem gou by ons lekker huisies aan.  Ons pak uit, en sommer gou kom Martina en die res van die gesin ook.  Daar word lysies gemaak wat ons nodig het vir die aand se braai en ons besluit om die mans winkel toe te stuur!  Hopelik kom hulle met die regte goed terug, ek weet André is nie gewoond daaraan om inkopies te doen nie, maar tussen die 4 van hulle behoort hulle seker reg te kom.  Die kinders maak gou maats en hulle en die twee pa’s speel tog te lekker op die gras.  Richard neem die braaiwerk op hom, ons eet heerlik en Wallace was skottelgoed, dus het ek lekker agteroor gesit!  Ons gaan vroeg na ons huisie, waar Deon en André nog ‘n hele ruk gesels.

Saturday 19th March

The day started overcast, so we slept late, chatted and then got ready to visit family in George.  We would meet Deon and Lizbe later to plan the rest of the day.  We had just missed the rain, the road was still wet and everything was fresh and clean.  After our visit we picked up Deon and Lizbe and went to Mosselbaai to collect a parcel for Ernie, had a light lunch and sat for a while in the cool wind.  We decided on a braai again, and as Richard and family were still in town, we gave them a list for the evening’s do.  Old friends of ours joined us, Deon and André said they were not experts at steak braaiing, so Richard got the job again!  Everybody got their piece of steak according to their order, and with Martina’s salads and milk tart with the coffee, we had quite a feast!  As usual there were a lot of jokes and stories and we got to bed quite late, at our place we still had some last ideas to share.

Sondag 20 Maart

Dis ‘n koel dag, met wind wat redelik sterk begin waai, ons maak rustig klaar, André is heel laaste gereed!  By die Nobles se huisie sien ons Martina is saam met Richard op sy Wing, welgedaan!  Die wind bly maar lastig tot by Riversdal, in Heidelberg sien Deon vir Wempie, seker op pad terug van kerk, maar ons het nie gestop nie, mens is mos maar haastig huis toe.  Middagete is by Swellendam, waar ons die sjef oortuig dat hulle nog vir ons ontbyt moet bedien, almal was lus vir omelette.  Met ‘n vinnige stop by Riviersonderend, sien ons Krish-hulle verbyry, toe hulle ons opmerk, trek hulle af om eers te kom groet.  Hulle gaan omtrent net afpak en wasgoed was, dan is hulle al weer op pad noorde toe.  Vanaf Caledon is die windjie skraal, ons ry veilig tot in die Strand, waar almal vir oulaas koffie drink by ons, en solank beplan vir die volgende Hartenbos kuier!  Dankie aan Deon en Lizbe wat al die reëlins getref het, dit was ‘n lekker rustige naweek.

Weskaap Streek Uitrit na Franschhoek, 17 April 2016 (Amorita Engelbrecht)

Franschhoek_1604_001Dis ‘n koel, bewolkte dag toe ons vertrek na ons bymekaarkomplek voor Sir Lowry’s Pas.   Daar wag ‘n mooi opkoms op ons, Anton, die Barnards, Taljaards, Nobles, Swanepoels, ‘n vriend van Johann, en die van der Merwes is almal daar.     Renthia het vir Boet toestemming gegee dat hulle met haar Silver Wing mag ry, hy bestuur natuurlik!   Sir Lowry’s Pas is verbasend groen, siende dat dit nog bitter min gereën het.   Hein laat ons by Dassiesfontein se padstal stop vir iets warms om te drink, die Milo was veral heerlik, so langs die kaggelvuur wat gesellig brand.   Ons begin opvang wat intussen in die ander se lewens gebeur het, Theresia veral het heelwat interessante dinge te vertel oor haar toer in Israel.Franschhoek_1604_002

We turn back to go via Villiersdorp, it is a new road we haven’t traveled before.   A lovely drive, up and down the hills, everything still green, although the farm dams are quite empty.   When we reached the crossing at Villiersdorp,  André was sure we had to turn right, but Hein took us the correct way!   We soon realised we had been in this area before, but coming from the opposite side.   We went round the Theewaterskloof Dam, which is really empty, we do need a lot of rain, and soon!   Still the scenery was beautiful, especially the Franschhoek Pass, where a biker went off the road just in front of us, luckily he was unharmed, must have taken the corner too fast.

Franschhoek_1604_003Van hier het dit warmer begin word tot in Franschhoek waar ons vir middagete bespreek het.   Almal kry darem parkeerplek, dis maar altyd ‘n probleem hier op ‘n Sondag, met al die ” bikers ” !   Hein en Nick oorhandig hulle Wing kleure aan Richard en Martina, hulle ry al so lank saam met ons, dis hoog tyd dat hulle

Richard & Martina Noble

Richard & Martina Noble

amptelik verwelkom word.   Almal drink en eet lekker, al wil Hein nie die pizza bestel wat Riana met hom wou deel nie!   André nooi almal wat kon om na sy nuwe werkplek buite Stellenbosch, Old Nectar, te kom kyk.   Ons loop ‘n rukkie daar rond en toe groet ons mekaar tot die volgende keer.   Die weer was tot dusver goed, nog nie een rit is weens reën afgestel nie.   Dit was ‘n lekker dag, in ons mooi Kaap en met die nuwe paaie wat ons gery het, dankie Hein!

Weskaap Streek – Uitrit, 17 Januarie 2016 na Simonstad

005Dit sal ons eerste uitrit van die jaar wees, maar ek beduie al heelweek vir André dat ons met die kar moet gaan.   Hier in die Kaap waai die suidoos al twee weke lank stormsterk en dis bloedig warm.   Ek besluit later dat hy maar alleen moet ry as hy die Wing neem, ek sien nie kans nie!   Boetie Booysen van Lambertsbaai oornag Saterdag by ons, hy is terug van ‘n nuwe kleinkind in die Noorde se geboorte, intussen het sy Wing by ons gebly.   Sondagoggend het die wind redelik bedaar, Boetie sê hy ry saam en ek besluit om my moed bymekaar te skraap en klim maar op, André sê ook hy soek gewig op die Wing, dan loop hy lekkerder!

On our way to N1 City there was not even a breeze, we could 002see smoke all around us, later we heard it was from a veld fire in Houwhoek.   We met up with Nick, Hein and Riana, Johann and Theresia and Russ and Riva as well as Heinrich, on leave from Kazakhstan, he brought along a young girl, Damira, from there to do some sightseeing.   She was in Cape Town for a financial conference.   Going up Kloofnek road it was sizzling hot, but as soon as we got to the other side, there was a cool breeze, we stopped above Clifton to take some pictures and went along Constantia Way, a lovely drive as always.   Going up Ou Kaapse Weg we couldn’t see much of the city, the smoke was like a blanket over everything.   There were cyclists all along the way, I suppose they were preparing for the Argus.   We arrived safely at the restaurant at Boulders and ordered drinks and something to eat.   Damira went to look at the penguins but as we saw them at a previous visit, we stayed put.   We had a lovely view and with the cool breeze it was a perfect day. 

003Na baie gesels en lekker eet groet ons, Boetie is terug na Lambertsbaai, Hein en Riana gaan nog pikkewyne kyk en ons ander pak die pad huis toe aan.   Dis nog steeds nie te warm nie en ek is bly dat ek wel saamgekom het.   By Glencairn het ‘n brand uitgebreek in die berge en ons sien hoe 3 helikopters water skep om dit te blus.   Ons ry kuslangs, die pad is baie besig en ons ry so stadig dat ons wonder of daar ‘n ongeluk voor was, net om later te sien dat ‘n stootskraper besig is om sand van die pad te verwyder, daar is dus ‘n STOP/GO.   Gelukkig is dit nog steeds koel met die stadige ry, die hitte tref ons eers naby die Strand, al die swemplekke is gepak soos die mense lafenis soek. 

Dankie aan almal wat die mooi dag met ons gedeel het, dankie Riana vir jou fotos en aan Hein wat alles gereël het, dit004 was heerlik!

005

Weskaap Streek, Jaareind Funksie, 21 November 2015 (Amorita Engelbrecht)

12274677_140491579646257_2763108046767557040_n[2]Hein en Riana het die funksie in die Botaniese Tuin gereël, ‘n plek wat ek tot my skande moet erken ek nog net een keer lank gelede besoek het.   Deon en Lizbe was in die omgewing vir inkopies, hulle sou my saamneem, André was in Hentiesbaai op ‘n visvang week.  Met Lizbe se hulp (die GPS het haar in die steek gelaat ), kom ons by die Tuin waar ons vir Russ en Reeva, Boetie en Benita, Donny en Suzette, Ceraj en Nazli en natuurlik Andrew-hulle en Delphius-hulle kry.   Dit was lekker om Gail ook weer in die oë te kon kyk, verder was die gewone span daar.   Die jong kurator het ons op ‘n baie interessante toer deur ‘n deel van die tuin geneem om ons te vertel van sekere bome en plante.   Die bonsai boompies was vir my ‘n hoogtepunt, asook die Victoria waterplant met sy enorme blare, hy blom net in April, en dan net vir twee aande!   Ons sal ‘n plan moet maak om dan te gaan kyk en sommer meer tyd spandeer in dié spesiale tuin.   Daarna sit ons aan by die feestelike tafels met die mooi inheemse ruikers.  Russ en Reeva ontvang hulle kleure, asook ‘n paar wat 5 en 10 jaar toekennings gekry het.   Hein toets of ons mooi geluister het tydens die toer, die wenners kan een van die ruikers kry, ons eet en gesels heerlik en kuier tot laat en wens die nuwe komitee alles van die beste toe vir die nuwe jaar.    Richard en Martina neem my huis toe na die heerlike12278146_877168305686424_1668477095_n[1] aand.   Baie dankie Hein vir die reëlings en Riana vir die oulike geskenke en die ander dinge wat sy moes bymekaar hou, ons het die aand terdeë geniet en sien uit na volgende jaar, onthou om vir Hein idees te laat kry oor waar julle heen wil gaan vir uitritte!

12285581_877169232352998_745099450_n[1]               12270556_877168235686431_1042465705_n[1]

Western Cape Chapter – Progressive Run, 15th November 2015 (Amorita Engelbrecht)

10609707_134935543535194_693733706777369152_n[1]It was a perfect day for a bike trip, I was quite sorry that I had to stay at home to prepare for the braai.   From what I heard Lizbe prepared a feast for breakfast in Malmesbury, I missed that too!  The bikers had a nice drive, with some wind which is normal in the Cape for this time of year.   André had asked Sakkie van Zyl to come a bit earlier to our place to start the fire (they had overnight guests to see off first ).   It was a pleasant surprise to welcome Jolene as well, even though she was 12208284_134935693535179_6910299597229671937_n[1]with Sakkie on his KTM!   Ian Read also joined us, in the end poor Sakkie did all the work, André just sat around!   Luckily it was not too hot in our braai area.  I believe everybody had enough to eat, afterwards we just lazed about and chatted.

 

12208739_134935563535192_8794103354725440277_n[1]

 

 

 

12246709_134935650201850_9037656011542759653_n[1]

 

WC Chapter Outrun, 20 September 2015 Kardoesie Piekenierskloof, (Amorita Engelbrecht)

Die Suidoos het heelweek erg gewaai in die Kaap, maar Sondag was stil en koel.   Ons kry die Nijse by N1 City en op pad na die N7 kom ‘n “superbike” by ons verby, besig met ‘n “wheelie” en dit in die verkeer!   Daar val ‘n paar druppels op pad, maar die wind is nog steeds stil, selfs by Malmesbury.   Die uitheemse Port Jackson bome is vol in die blom, nogal mooi, die geel blommetjies.   Ons ontmoet Deon en Lizbe buite Malmesbury en bekyk die donker wolke vorentoe, daar val selfs ‘n ligte buitjie net buite Moorreesburg.   Ons kry al vier seisoene vandag, want die weer wissel van warm stukke, koue ente en die bietjie reën, so ken ons die Kaapse weer!

We stopped at Piketberg for petrol and decided to have coffee as well, and here we got all the wind we left behind in the Cape.   We looked at the dust flying past and the dark clouds ahead and wondered if it was a good idea to go on.   But Pierre had arranged to meet new friends at Kardoesie, we couldn’t disappoint them.   We had invited the Nelsons from Ceres along, but they phoned to say the wind at Porterville was too strong, they were turning back.   We got on our Wings and kept on in strong wind and some drops of rain up to Kardoesie.   They were almost fully booked but had a table for us and Charl and Helna from Citrusdal who joined us later.

IMG_2666[1]Soos gewoonlik gesels ons lekker, bestel eetgoed en kyk na die stofwolke en reëndruppels wat buite afwissel.   ‘n Dame kom met ‘n Pomeranian hondjie aan, sy tel hom net betyds op, hy is amper weggewaai!   Die kos is heerlik en kort-kort bestel iemand nog koffie en nagereg en ons wag vir die wind om ‘n oomblik te bedaar sodat ons moed kan bymekaarskraap om weer op te klim.   Pierre en Deon het mooi agter die padstal parkeer, maar André het nader gaan staan sodat ek nie so ver hoef te loop nie, die gevolg was dat sy Wing toe vol in die pad van die stof en reën gestaan het!   Op pad terug waai die wind maar tot in Malmesbury, Lizbe het ons genooi vir nóg koffie enIMG_2667[1] natuurlik sê ons nie nee nie.   Na die laaste kuier kom ons tuis met die vuilste Wing denkbaar, en dit nadat André heel Saterdag spandeer het om alles silwerskoon op te vryf!   Ten spyte van die weer was dit ‘n lekker dag, ons laat ons mos nie afskrik deur bietjie onweer nie!

Western Cape Outrun to Hermanus, 16 August 2015 (Amorita Engelbrecht)

009

‘n Paar weke gelede het Fanie van Vuuren van Pretoria laat weet dat hulle vir vriende en familie kom kuier en ook met die Wing wil ry, ( hy staan by ons ).   Dit pas toe alles net mooi, aangesien ons daardie naweek ‘n rit na Hermanus beplan, as die weer net saamspeel!   Ons hou heel week die weervoorspellings dop, maar dit lyk nie baie belowend nie, toe Fanie-hulle Vrydag arriveer, is dit yskoud en reën kort-kort.  Die manne sorg nogtans dat die Wings nagesien is en ons gaan slaap maar hoopvol.   Sondag oggend is dit nog bewolk, maar Hein laat weet dat die reënweer verby is, ons ry wel.  Die wind het sterk begin waai en daar lê ‘n dik wolkkombers oor Sir Lowry’s Pas.   By ons bymekaarkomplek kry ons vir AnnaMarie Barnard met haar kar, sy sê sy gaan nie opvries en haar laat verwaai nie, Nick is darem op sy Wing.   Riana is siek, so Hein is alleen, die Nobles is ook op 4 wiele, Richard wag nog vir parte en Boet en Renthia en kinders is ook by.   Hulle en die Nijse is amper laat, daar moes nog aan Boet se Wing gewerk word.  Russell het hierdie keer vir Reeva saamgebring, ek hoop die koue skrik haar nie heeltemal af nie!

I was glad when Hein said we would go the sea route and not over the pass, the mountain would protect us from most of the windIMG_5746.  From Rooi Els the road was quite wet, we had just missed the rain, but it was still icy cold, even the whales stayed hidden, or maybe it was a bit early to look for them.   We arrived safely in Hermanus, where the Van Vuurens met up with family, Leoné is highly allergic to fish, they would eat elsewhere while we went to Ocean Basket.   It seemed that half of China’s population also came to Hermanus, must have been a few tour buses.   When the orders arrived, Nick and Krish compared the amount of prawns on their plates to the menu, they were not going to be done in!   André took a plate from the waiter, only for me to discover that it must have been someone else’s, he didn’t order half and half rice and chips!  I suspect that Krish also got someone else’s meal, but nobody complained and everyone enjoyed what they got.  Nick discussed a few matters, got opinions from those present and then it was time to leave.

Dit was nie meer so koud op pad terug nie en toe ons oor die berg by Rooi Els kom, steek die son sy kop uit.   Die Barnards drink nog eers koffie by ons, Leoné het saam met AnnaMarie gery.   Nadat die Barnards vertrek het, kom Richard en Martina aan, André het hulle ook vir koffie genooi.   Prof. Fanie besluit dis net die tyd om te braai, hy maak vuur bo-op Vrydag en Saterdag se as, gaan koop voorrade en ons het nie veel moeite om die Nobles te oorreed om te bly vir ete nie!   Ons kuier nog heerlik en uiteindelik gaan slaap almal met vol magies.  Dankie aan IMG_5762almal wat die koue Kaapse weer aangedurf het en natuurlik aan Hein wat alles gereël het.

Weskaap Uitrit na Houtbaai, 19 Julie 2015 (Amorita Engelbrecht)

Dis ‘n heerlike dag na Vrydag se swaar reën en ons sien uit na die uitrit.   André bied aan dat die Nobles Fanie se Wing kan leen, Richard het hulle Wing uitmekaar gehaal om te diens, en die pienk motorfiets het lanklaas sy bande op die teer gehad!   By N1 City kry ons vir Krish, ‘n nuwe vriend, Russell op sy 1100, Hein-hulle, Nick, die Nijse en die Taljaards.   Ons het lanklaas so ‘n goeie opkoms gehad, en ons kry ook nog vir Delphius-hulle langs die pad.

As we left, we could see the clouds over Ou Kaapse Weg, but everybody was prepared with warm and rain gear.   We picked up the Symingtons on the way, Delphius had his trailer with, I forgot to ask him why, but I’m sure André hoped it had some flasks with coffee!   There were already some arum lilies out, spring couldn’t be too far off.   As we came over the top, it was quite misty and cold, we could also see the new green grass appearing after the terrible fires in the summer.   We stopped at a place in Noordhoek, but only Krish and Russell had some coffee, it was too cold to stay long, we just waited for the smokers to finish and we were on our way.   We stopped again on Chapman’s Peak for photographs, with the sun emerging it was a lovely view as usual.   There were also a lot of people on bicycles, the cold weather didn’t seem to bother them at all.

By die Dunes in Houtbaai, het Hein vir ons op die stoep plek bespreek, Riana het hom goed laat verstaan dat dit miskien nie so ‘n goeie idee was nie!   Ons bestel dadelik koffie, hoewel ‘n paar manne kans sien vir koue bier en coke.   Almal het heerlik geëet en gekuier, Delphius-hulle het nog heelwat te doen gehad voor hulle kon terug na Calvinia, dus het hulle eerste vertrek.   Ons, Hein-hulle en Richard-hulle vertrek saam terug Strand toe, die pad tussen die lanings by Kirstenbosch was pragtig, al was dit bietjie koud.  Dankie Hein vir die reëlings, dit was ‘n heerlike dag.