Kakamas Mini Wing Fling – Baie Dankie

Boodskap van Lizette Olivier

Anton, hoop julle is darem veilig tuis?  Ek wil vir julle almal net weereens bedank vir ‘n ongelooflike experience en julle gasvryheid.  Ulandi, baie dankie dat ek kon saamgaan en dat jy my veilig tuis besorg het.

Groete
Lizette

Kakamas Mini Wing Fling: Agteroppie Weergawe (Leone van Vuuren)

Ek het al baie titels in my kort lewetjie gehad: dogter, suster, Liefie, Mamma, Juffrou, Tannie……maar: Agteroppie?  Nee.   Ek moet sê toe ek dit die eerste keer op die Goldwing webblad lees, moes ek “smile”.   Supercool!  “Agteroppie”.   Ek lyk en voel meer na ’n Blaasoppie….. sonder ‘n Laptoppie, …maar die naampie val sag in my gees.  I am gladly an “Agteroppie”! (As die Afrikaans “piljoen” is, my dank aan jou wat “Agteroppie” uitgedink het!). – Ek lees in die woordeboek dis “Vrouesaal”!!

Ek is nog ’n baby-biker, skaars 3800 km oud, en my Pappa sal in sy graf omdraai as hy weet ek  “bike”!  (Hy was ‘n Boerseun in die tyd van die Ducktails en Stove-pipe bikers!)   Maar my ervaring saam met die Goldwing grootmense is een van  “family.”   Van die eerste dag af, het die omgee my opgeval.  In die kinderjare van ons eie kinders, was daar ’n televisie-reeks: Brakanjan.  Wie onthou: Een vir almal en almal vir een?   Ek haal my helmet af vir meeste van die manne (en vroue) wat ek tot dusver ontmoet op die Wing- en Mini Wing Flings!  Well done!   Die omgee, as daar een boetie is wat ’n probleempie met die fiets het, is iets wat in ons hedendaagse samelewing so skaars soos ‘ n ANC stem in Orania is!   Dit het ek met die geel piesangfiets (van Peter Stelling) en ons eie “breakdown” in Kakamas ervaar.   Die wat nie kan help nie, staan nader om te leer….of om raad te gee!  Of die spanning te verbreek met grappe!  Maar, saam staan hulle saam!   Geen moeite is te veel, geen naaste dorp te ver, geen wagtyd vir hulp te veel nie:  jy sal NIE alleen by ‘n “breakdown bike” wees nie.   As jy laat is in die oggend, wag hulle vir jou; as jy kla oor hoofpyn of keelseer, sit jy gou-gou met ’n handvol medikamente!   Baie dankie vir ‘n uiters goed-georganiseerde trip Kakamas toe, dankie vir omgee-mense wat van Margate af gery het, want: Corrie het gevra. Sjoe.  Dankie.