RIT NA NAMIBIA (Sakkie en Jolene Van Zyl)

Ruskans by Springbok

Op Vrydag, 9 Augustus 2013, mossiepoep vroeg het ek en Jolene per motor en sleepwa met beide die 1500GW en Cagiva vanaf Wellington, Weskaap, na Namibia vertrek om deel te wees van JB Treintoere se 7-dag Motorfiets-op-Treintoer met die Desert Express tesame met die  Woema span vanaf Windhoek na Swakopmund en terug.  Die konsep is dat jy laai jou motorfiets op die trein by Windhoek.  Jy nuttig driegang aandetes op die trein, slaap op die trein en ontbyt (baie lekker) op die trein.   Die trein besoek spesifieke stasies op die roete na Swakopmund, en by sommige word vir ? periode oorgebly.  In ons geval is daar by Karibib vir drie aande oorgebly.  Die motorfietse word afgelaai en elke dag is daar dan spesifieke uitritte na verskillende plekke in die omgewing, vir beide pad motor fietse en dubbel doel motorfietse.  Daagliks vertrek ons so om 08:00 en keer dan weer tussen 17:00 en 18:00 terug na die trein.  Waar die trein oorstaan op die stasie vir die aand word die motorfietse op die perron parkeer vir die nag soos op Karibib en Swakopmund.  Anders word die motorfietse die vorige aand gelaai en die trein ry in die nag of soos vanaf Karibib na Arandis die Donderdagoggend tydens ontbyt. 

Veilig in die trein

Woema is wel bekend vir hul “Woema” tydskrif oor motorfietse, bybehore, stories, nuus en artikels wat ‘n man laat praat.  Nader aan die einde van die jaar gaan die toer op Kyknet gebeeldsend word. Dit was my en Jolene se eerste besoek aan Namibia sedert beide van ons se kinderjare en was dit nie die moeite werd nie!

Ons kom die Saterdag in Windhoek aan waar ons oorbly tot Maandagoggend wanneer ons op die trein gaan klim.  Ons kuier die naweek heerlik en besoek onder andere eg Duitse eet-en-kuier plekke.

Ai, die Duitse Genietinge is darem lekkerrr!!

Maandag 12 Augustus 2013 oor die middag het ons bymekaar gekom, afgelaai, bakkies gaan stoor en ons tasse in die onderskeie kompartemente gaan bêre. Die middag 15:00 het ons vir ‘n kort rit in en om Windhoek gegaan net om litte los te maak. So 18:00 se kant het ons die fietse op die trein gelaai. 

Die uitsluitlike doel van die toer is om “bikers” die geleentheid te gee om in ander interessante plekke of omgewings te ry.  By een of twee geleenthede het ek die kans gekry om die Wing se oor te draai. Die GS manne was onder die indruk ‘n Wing kan nie bykans 200km/h haal nie.  Dit het natuurlik alles gebeur sonder die wete van die toergids.

Die weer was baie lekker.  In die dag net reg om lekker te ry, nie te warm nie en koel

Met lugversorging en al!

in die aande. Let wel die trein is toegerus met lugversorging.  Ons was 38 passasiers insluitende die agteroppies met 28 fietse.  Die hele ervaring word beskou as ‘n vakansie, met die gevolg dit is nie verpligtend om elke dag te ry nie. Die dag kan uitgeruil word vir inkopies of “sightseeing” op jou eie.  Ek het byvoorbeeld die Woensdag en Donderdag grondpad met die Cagiva gery, waartydens Jolene as kamera assistant vir Woema se kameraman opgetree het, en dus saam met hulle steunvoertuig gery het.

Ons deel kortliks met drie van die roetes wat ons met die Wing gery het:

Dag 2 (Karibib – Omaruru – Kalkfeld – Otjiwarongo – Omaruru – Karibib = 405km.)

So word Turksvye gestook!

Die twee interessantste plekke wat ons besoek by Omaruru was die Tikolosh Root carving fabriek en die Kristal Kellerei.  By eersgenoemde sny hulle die mooiste beelde uit hardehout.  By laasgenoemde het hulle 3-hektaar druiwe, waar daar met groot passie gepars word.  Weens veilige rytoestande is ons nie toegelaat om te proe nie.  Die eienaar het wel na onderhandelinge ‘n paar bottels saamgegee om die aand op die trein te proe – baie lekker vir Namibia.   Hulle stook ook turksvye.  Die besonderse brousel is nie enige man se maat nie en moet met respek behandel of te wel gedrink word. Middagete het ons op Otjiwarongo genuttig. Oppad terug Omaruru toe het ons 194 vlakvarke getel wat in die gorrel kom kos soek. Hulle hardloop sonder waarskuwing oor die pad, so jy moet wakker slaap. Met die gaan slag het ons amper een geskraap, die res van die toer was hy die Goldwing varkie gedoop.

Dag 5 (Swakop – Walvisbaai = 25km)

By Walvisbaai het ons ‘n bootrit onderneem, baie robbe gesien en saam met dosyne dolfyne gevaar. Middagete was ‘n heerlike platter

Ons speel te lekker in die duine

(op die boot) tesame met vonkelwyn en nagereg was natuurlik heerlike oesters.  Die namiddag het van ons met die vierwielers in die duine gaan speel.  Die aand het ons heerlik as deel van die toer by Kucki’s Pub die sand afgespoel met ‘n Tafeltjie of twee of drie – kan nie onthou nie.

Dag 6 (Swakopmund – Wlotzkasbaken – Hentiesbaai – Kaapkruis – Swakopmund = 256km.)

Ons het by ‘n gestrande skip gestop.  Daar het van die dames amper gekleurde klip wat in werklikheid groot sout kristalle is, by die plaaslike bevolking vir baie geld gekoop!  By Kaapkruis het ons ons verkyk aan die magdom robbe.  Volgens ‘n opname verlede jaar Oktober was daar na raming 2,5 miljoen robbe aan die kus van Namibia, net soveel as die bevolking van die die hele Namibia.  Daarna het ons gekoek en tee by Cape Cross lodge, waarna ons huiswaarts of dan liewers  treinwaarts in Swakopmund verkeer het.  Van die manne het nog in die ‘dooie see’, wat ? ou mika mynskag in die woestyn naby Kaapkruis is en wat vol erge soutwater is, gaan swem (die pad was te sleg vir die Wing).  

Sarah se Gat bestaan werklik!!

Die soutpad was egter ‘n unieke ervaring.  Die oggend met ons vertrek was die mis dik en het dit so liggies gedou.  Van die ouens het “uitge-chicken” uit banggeit vir ‘n nat soutpad.  Dit is egter ‘n heerlike gladde pad, baie beter as baie van ons teerpaaie.  Op een gedeelte vir so twee km was hulle besig om die pad te skraap, met die gevolg dat hulle die pad nat maak.  Daar was ek so bietjie versigtig.  Na die nat gedeelte was die Wing vaal van die vuil sout en het dit uitspuit gekos in Swakop terwyl die ander manne die Bokke se weghol oorwinning gevier het.  Die aand om 23:00 het die trein teruggekeer na Windhoek terwyl ons lekker in droomland verkeer het.  

Dag 7 Sondag

Net na ontbyt so 08:00 het ons by Okapuka wildsplaas buite Windhoek gestop vir ‘n kort wild besigtigingstoer.  Die renosters word met die hand grootgemaak met die gevolg jy kan bykans aan hulle vat so na aan die voetuie kom hulle.  Per geleentheid was Jolene baie benoud, aangesien een van die renosters by haar kos gesoek het.  Sy het feitlik op my skoot beland.  Ongeveer 11:00 was ons terug in Windhoek en teen 12:30 oppad terug huis toe.

Dit was in geheel ‘n onvergeetlike ondervinding.  Op jou ysterperd in ‘n ander land en die beste van alles ons het baie nuwe vriende ontmoet om in die toekoms mee saam motorfiets te ry en te kuier.

Ons staan by die Skedelkus

Charity Toy Ride – Botswana

 

The 4th Annual Botswana Charity Toy Ride “Re Mmogo!” 2013

14 September 2013(08h30 for 09h00)

Venue : Lion Park – Outside Gaborone

The Botswana Biker Society invites all motorcycle enthusiasts to ride with them to raise funds for charity. His Excellency Lieutenant General Seretse Khama Ian Khama the President of Botswana will lead the mass ride. Each biker must bring a toy. Donations will also be accepted and all motorcycles will receive a free cloth badge. In addition to the ride, there is a family day hosted at The Lion Park. Motorcycle riders can join His Excellency and other riders on the day to promote the spirit of giving on a mass ride.

Family and Friends are invited to show their support for those less fortunate in Botswana. Because Botswana Cares! “Re Mmogo!”

Contact Bertus at bertus.msinst@info.bw for further details or on +267 – 71322383

All Chapters – Tell us where you would like to go for a ride!

We are gathering information to put together a 6-month working document for all rides, sleep overs and weekend aways.  This will enable us to publish the agreed rides on our web calendar timely for everyone to plan better and participate more in our Association’s activities.

We therefore request that you please make use of the ‘Leave a comment’ facility on this blog and give us at least one venue that you would like to go to.   We plan to divide it up into three categories:

1. Give us information on your idea for a short run, under 100 Km both ways.
2. Give us information on your idea for a long run.
3. Give us ideas for a sleep over run or a weekend away.

Tell us for which chapter it is meant.

The information will be passed on to the relevant Chapter Chairman for finalisation within his/her Chapter.

All members’ participation in this regard will be much appreciated.

Fantastic Ride on a Magnificent Bike – 2011 (Louis & Ilze Rontgen)

Louis and Ilze Rontgen

During the past school Holidays my wife and I had the opportunity of travelling on our Goldwing 1800 from Stellenbosch to Hoedspruit and via the Transkei back to Stellenbosch again.   A distance of 5500Km in 10 days without the slightest mishap.  Our average speed was between 140 to 150 Kmhour and the fuel consumption more or less 15Km/litre.

Our itinerary was as follows:

  • Day one travel from Stellenbosch to Orange River Lodge at Colesberg for a fantastic dinner and overnight stay.
  • Day two to Venterskroon between Potch and Parys at my brother`s.
  • Day three to a friend of mine close to the Lanseria airport.
  • Day four to a 4 Star  Big Five Game lodge between Hoedspruit and Tzaneen.
  • Days five and six at the lodge for a fantastic stay with two daily game drives in a magnificent chalet .  What a fantastic experience.
  • Day seven to Vrede where we overnighted at a Bed and Breakfast.
  • Day eight drive via Harrismith through the Transkei and overnight with my brother in law in King Williams Town.
  • Day nine drive via East London and Alexandria to Port Alfred where we overnight with friends of ours.
  • Day ten via Route 62 and Oudtshoorn to Stellenbosch.

Although we sometimes had rain surrounding us we were very fortunate in never actually driving through it.   We found our fellow travellers on the roads very polite and accommodating, even in the Transkei where we had to travel until plus minus 22h00 before arriving at our destination.

Game Lodge between Hoedspruit & Tzaneen

We found road works on almost all the routes we travelled on with quite a number of potholes as well.   Between Standerton and Morgenzon we were forced to use a dirt road deviation of about 70 Km, which the heavy Goldwing (600kg) did not enjoy at all, but she behaved extremely well even under these severe conditions.

A good thing of the trip was the fact that I succeeded in getting to know how to use the GPS properly with the latter being precise even up to a few metres.  The only thing that suffered was our backsides,  but we are ready again for the next one.

What a fantastic journey on a MAGNIFICENT bike.